Daar is min film-karakters so ‘relatable’ soos Bridget Jones. Wie sal nou ooit kon vergeet hoe sy haar hare gestryk het of toe sy in niks anders as in `n trui en ‘leeuveltiertert’ onderklere in die sneeu gehardloop het nie?
Sy is nie noodwendig ‘n stylikoon nie, maar mense kan nie help om van haar te hou bloot net omdat sy so plat op die aarde is nie. Sy dra oulke truitjies en kort rokkies en bevraagteken meeste van haar besluite op `n daaglikse basis. Dit is ook geen wonder hoekom Bridget die ‘frazzled Englishwoman’-styl bekend gemaak het nie.
Oor die afgelope twee dekades het die wêreld gekyk hoe die geliefde karakter, vertolk deur Renée Zellweger, deur die lewe beweeg. In die eerste Bridget Jones, wat in 2001 vrygestel is, konfronteer sy die verwagtinge wat die samelewing aan enkellopende vroue in hul dertigs stel, terwyl sy verlief word op Colin Firth se Mark Darcy en Hugh Grant se Daniel Cleaver.

In die opvolg fliek van 2004, The Edge of Reason, probeer sy ‘n nuwe verhouding met Mark laat werk. En in 2016 se Bridget Jones’s Baby moet sy ‘n onverwagse swangerskap hanteer.
Nou is sy vir ‘n vierde keer op die grootskerm te sien in Bridget Jones: Mad About the Boy. Hierdie keer bevind sy haar op ‘n ander pad, en sonder om te veel te verklap, moet Bridget haar twee kinders groot maak en die dood van Mark verwerk. Verder het sy ‘n wonderlike werk, familie en so ook ‘n nuwe kêrel.
Met die eerste fliek, wou kostuumontwerper, Rachael Fleming, aanvanklik vir Bridget ‘n pragmatiese voorkoms gee waarmee ander besige vrouens aanklank sou vind. Hierdie styl het sedertdien ‘n nuwe mode tendens geopper wat as die ‘frazzled Englishwoman aesthetic’ bekend geword het.
Kate Winslet in The Holiday en Keira Knightley in Love Actually is ook voorlopers van hierdie styl wat dikwels met los truie, rompe, deurmekaar bollas, serpies, groot sakke en breiwerk uitgebeeld word.

Die voorkoms bestaan uit lae met ‘n klem op breiwerk. Soos RUSSH-redakteur, Ella O’Keeffe, dit beskryf: “Die ‘frazzled Englishwoman’ is middelklas, sy het `n werk en is partykeer deurmekaar.” Met ander woorde: Hierdie vrou is besig en het nie tyd om aan kleurskemas of bypassende bykomstighede te dink nie.

Om Bridget egter in haar nuwe hoofstuk te help, is kostuumontwerper Molly Emma Rowe. Volgens InStyle, het Rowe geweet sy wil by die oorspronklike ‘gevoel’ van die flieks bly, terwyl sy terselfdertyd die karakters in hul nuwe era uitbeeld. Voordat sy enige planne gemaak het, het sy saam met Renée gewerk om die ikoniese Bridget Jones voorkoms vas te pen.
“Renée is Bridget,” het sy gesê. “Sy is so betrokke by Bridget, wie sy is, wat sy dra, en waar sy haar klere koop.
“Renée voel baie sterk dat Bridget nie baie geld aan ontwerpersklere bestee nie,” se Rowe verder. “En sy kry altyd dinge net ‘n bietjie verkeerd. Miskien is die pasvorm net ‘n bietjie verkeerd, of die kleure is net ‘n bietjie verkeerd, of dit pas nie heeltemal bymekaar nie.”

Maar bygesê, glo Rowe nie dat Bridget se styl in `n “paint-by-numbers”-wyse bymerkaargesit kan word nie. Trouens, om soos Bridget aan te trek, gaan oor die gees van die karakter. “Sy is nogal eklekties. Sy sit dinge bymekaar van wat sy hou. Dit werk nie altyd nie, maar sy gee nie om nie. Maar so chaoties soos wat Bridget is, dink ek daar is iets so selfversekerd aan haar.”
Om die gevoel te kry, het Rowe gefokus op individuele stukke wat Bridget regtig sou dra. Een ikoniese Bridget-stuk wat in elke film sonder uitsondering verskyn? Die kort ‘cardigan’. “Sy is mal oor daardie klein truitjies,” verduidelik Rowe.

Rowe het ook ‘n paar splinternuwe stukke ingebring—soos ‘n baadjie van Marfa Stance, en ‘n rok van Victoria Beckham—maar vir die res het sy en Renée besluit dat Bridget eerder by haar oorspornklike kelerekas moet bly.
“Een ding wat regtig vir my belangrik was, was om sommige stukke terug te bring,” sê sy. “Jy weet, ons het almal daardie dinge—dinge wat uit die mode gegaan het, […] , wat ons weer dra. Dit was lekker om te doen—om te wys dat Bridget hierdie dinge [uit haar verlede] het wat weer in haar klerekas teruggekom het.”
Rowe het deur die argiewe gegrawe en `n paar kledinstukke van die eerste film gekry, soos `n grys top, baadjie en ‘n serp.
Die nuwe film verwys eintlik baie terug na die oorsponsklike fliek; soos die groen rok wat sy gedra het na haar seun se doop in Bridget Jones’s Baby. Later dra Bridget ook haar rooi pikkewyn-pajamas—hierdie keer vir ‘n danspartytjie saam met haar kinders.

Volgens die regisseur, is die fliek is gepeper met nostalgie. “Ek hoop regtig dat dit by mense sal aanklank vind en dat hulle kan sien hoe graag ons Bridget wou eer,” se Rowe.
Aan watter voorkoms dink jy eerste as jy aan Bridget Jones dink?








Leave a comment